2 Chronicles 19:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En watter oorsaak julle ook al aankom van julle broers wat in hulle stede woon, tussen bloed en bloed, tussen wet en gebod, insettinge en verordeninge, moet julle hulle ook waarsku dat hulle nie teen die HERE oortree nie, en so kom toorn oor julle, en oor julle broers: doen dit, en julle mag nie oortree nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer ’n saak van ’n medeburger uit ’n afgeleë dorp voor jou gebring word, sou dit ’n moordsaak of ’n oortreding van God se gebooie, bevele, voorskrifte en bepalings wees, moet jy hulle waarsku om nie teen die Here te sondig sodat sy toorn nie oor julle en julle broers kom nie. As julle so optree, sal julle nie skuldig wees aan ’n misdaad teen die Here nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En by al die regsake wat voor julle kom vanweë julle broers wat in hulle stede woon, oor moord, oor wette en gebooie en insettinge en verordeninge, moet julle hulle waarsku, sodat hulle hul nie skuldig maak teen die HERE en 'n toorn oor julle en oor julle broers kom nie; so moet julle handel, dat julle jul nie skuldig maak nie. |
| Afrikaans 1983 | In elke saak wat aan julle voorgelê word deur julle volksgenote wat oral in julle stede woon, of dit nou gaan om doodslag of om 'n oortreding van die wet, die gebod, die voorskrifte en die bepalings, moet julle julle volksgenote behoorlik waarsku dat hulle hulle nie skuldig maak aan 'n misdaad teen die Here en daardeur die toorn van die Here oor julle en oor hulle laat kom nie. As julle dit so doen, sal julle julle nie skuldig maak aan 'n misdaad teen die Here nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In enige regsaak wat voor julle kom, afkomstig van julle volksgenote wat in hulle dorpe woon, moet julle hulle waarsku, sodat hulle nie voor die Here skuldig staan nie – of dit nou gaan oor bloedwraak, of 'n beslissing in verband met 'n gebod, voorskrifte en bepalings – en daar dan nie 'n oordeel uit toorn teen julle en julle volksgenote losbreek nie. Julle moet so optree dat julle nie skuldig staan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete wat in die stede woon, sal na julle toe kom en hulle sal vra dat julle moet sê wie het reg gedoen en wie het verkeerd gedoen. Miskien het iemand 'n ander mens doodgemaak of hy het nie gedoen wat die wette van die Here sê nie. Julle moet hulle waarsku om nie verkeerd te doen teen die Here nie, sodat die Here nie vir hulle én vir julle kwaad word nie. Julle moet só werk dat julle nie self skuldig word nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As daar ’n saak van iemand uit die platteland voor julle kom en dit gaan oor ’n moord of ’n ander oortreding van een van God se instruksies, bevele, wette of reëls, moet julle hulle waarsku om nie sonde te doen nie. Dit sal keer dat die Here vir julle en vir hulle kwaad word. As julle dit só doen, sal julle nie skuldig wees nie. |