2 Chronicles 18:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, het een van hulle op sy troon gesit, geklee in hul klere, en hulle het in 'n leë plek gesit by die ingang van die poort van Samaria; en al die profete het voor hulle geprofeteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Agab van Israel en koning Josafat van Juda, elkeen in sy koninklike kleed, het op hulle trone by die dorsvloer by die poort van Samaria gesit. Al Agab se profete het daar voor hulle bly profeteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Onderwyl die koning van Israel en Josafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, beklee met koninklike klere, en hulle op 'n dorsvloer sit by die ingang van die poort van Samar¡a, en al die profete voor hulle profeteer, |
| Afrikaans 1983 | Die koning van Israel en koning Josafat van Juda het elkeen in sy koninklike gewaad op sy troon gesit by die dorsvloer voor die poort van Samaria. Voor hulle was al die profete besig met hulle voorspellings. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl die koning van Israel en Josafat, koning van Juda, elkeen op sy troon gesit het, geklee in koninklike drag, op 'n dorsvloer by die ingang van die stadspoort van Samaria, het al die profete voor hulle vurig geprofeteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Israel en koning Josafat van Juda het hulle koningsklere aangehad en elkeen het op sy troon gesit by die dorsvloer voor die poort van Samaria. Al die profete was besig om vir hulle te sê wat sal gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die twee konings het op hulle koninklike stoele op die dorsvloer net buite die ingang na Samaria gesit. Terwyl hulle daar sit en wag het met hulle koninklike klere aan, het al die profete hulle boodskappe gebring. |