2 Chronicles 18:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning van Israel vir Jósafat: Daar is nog een man deur wie ons die HERE kan raadpleeg; maar ek haat hom; want hy het vir my nooit goed geprofeteer nie, maar altyd kwaad; dit is Miga, die seun van Imla. En Jósafat sê: Laat die koning nie so sê nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Agab antwoord: “Daar is nog een man deur wie ons die Here se raad kan vra, maar ek haat hom. Hy voorspel altyd net slegte nuus vir my! Sy naam is Miga seun van Jimla.” “Jy moenie so praat nie,” sê Josafat. “Laat ons hoor wat hy sê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning van Israel antwoord Josafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar,k haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Josafat sê: Die koning moet nie so spreek nie! |
| Afrikaans 1983 | “Hier is nog een man deur wie ons die Here kan raadpleeg,” het die koning van Israel vir Josafat gesê, “maar ek haat hom, want hy voorspel vir my nooit iets goeds nie, net altyd die slegste. Dit is Miga seun van Jimla.” Josafat sê toe: “Die koning moenie so praat nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van Israel het Josafat geantwoord: “Daar is nog een man deur wie ons die Here kan raadpleeg. Maar ek, ek het 'n weersin in hom, want hy profeteer niks goeds oor my nie, net altyd onheil. Dit is Miga, seun van Jimla.” Josafat sê toe: “Die koning moenie so sê nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ja, hier is nog 'n profeet. Dit is Miga seun van Jimla. Ons kan vir hom vra wat die Here sê, maar ek hou nie van die man nie, want die dinge wat hy sê, is nooit goed vir my nie, dit is altyd sleg.” Josafat sê toe: “Die koning moenie so praat nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agab het geantwoord: “Ja, hier is nog één, maar ek haat hom. Hy het nooit ’n goeie boodskap vir my nie. Hy het net altyd negatiewe dinge vir my te sê. Hy is Miga, Jimla se seun.” “Jy moet darem nie só praat nie!” sê Josafat toe. “Kom ons hoor wat hy sê.” |