2 Chronicles 18:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het die koning van Israel vier honderd man profete bymekaargeroep en vir hulle gesê: Moet ons na Ramot in Gílead gaan om te veg, of moet ek dit laat staan? En hulle sê: Trek op; want God sal dit in die hand van die koning gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Agab het sy profete laat kom. Daar was 400 van hulle. Agab vra hulle toe: “Moet ons oorlog maak teen Ramot-Gilead of nie?” Hulle het geantwoord: “Gaan gerus, want God sal vir u die oorwinning gee!”
Afrikaans 1933/1953 Toe laat die koning van Israel die profete, vier honderd man, bymekaarkom en sê vir hulle: Sal ons teen Ramot in G¡lead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en God sal dit in die hand van die koning gee.
Afrikaans 1983 Die koning van Israel het toe vier honderd profete bymekaargeroep en vir hulle gevra: “Moet ons teen Ramot in Gilead gaan veg? Of moet ek dit laat staan?” Hulle antwoord was: “Gaan gerus. God gee die stad aan die koning oor.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van Israel het toe die profete, vierhonderd man, byeengebring en vir hulle gevra: “Moet ons na Ramot in Gilead optrek vir die geveg, of moet ek daarvan afsien?” Hulle antwoord was: “Trek op! God sal dit in die hand van die koning gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Israel sê toe al die profete moet bymekaarkom. Daar was 400 profete, en hy vra toe vir hulle: “Moet ons oorlog gaan maak teen Ramot in Gilead of moet ek dit nie doen nie?” Die profete het gesê: “Jy moet gaan. God sal jou laat wen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Agab het toe 400 profete bymekaar laat kom. Hy het vir hulle gevra: “Kan ons voortgaan met die plan om teen Ramot in Gilead te gaan veg, of moet ons dit los?” Hulle antwoord toe: “Gaan maar, want God sal julle laat wen.”