2 Chronicles 18:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die geveg het daardie dag toegeneem, maar die koning van Israel het in sy strydwa teen die Arameërs gebly tot die aand toe; en omtrent die tyd van sononder het hy gesterf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die geveg het egter die hele dag gewoed en Agab het homself in die strydwa gestut en tot die aand toe teen die Arameërs geveg. Net toe die son sak, het hy gesterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die geveg het die dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs tot die aand toe; maar teen sononder het hy gesterwe. |
| Afrikaans 1983 | Die geveg was dié dag egter so hewig dat die koning van Israel tot die aand toe op sy strydwa moes bly staan in die geveg teen die Arameërs. Teen laatmiddag is hy dood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die geveg het egter daardie dag hewig geword, en die koning van Israel het hom teenoor die Arameërs tot die aand toe staande gehou op sy strydwa. Teen sononder het hy gesterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar almal het daardie dag so hard geveg dat die koning van Israel tot die aand op sy oorlogkar moes bly staan teen die Arameërs. Hy het gesterf toe die son ondergaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die geveg het egter al hoe hewiger geword en die hele dag lank aangehou. Agab het aan die kant van sy strydwa vasgehou en so regop gebly om teen die Arameërs te veg, maar teen sononder is hy dood. |