2 Chronicles 18:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n sekere man het met 'n waagstuk 'n boog getrek en die koning van Israel tussen die gewrigte van die tuig verslaan want ek is gewond.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Aramese soldaat het egter blindweg ’n pyl na die soldate van Israel afgeskiet. Die pyl het die koning van Israel tussen die skubbe van sy harnas en die borsplaat getref. “Draai om en kry my hier uit!” roep Agab vir die drywer van sy strydwa. “Ek is ernstig gewond!”
Afrikaans 1933/1953 Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan die drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.
Afrikaans 1983 Iemand het egter losweg 'n pyl afgeskiet, en dié het die koning van Israel getref tussen die skubbe van sy harnas en die borsplaat. Hy sê toe vir sy drywer: “Ruk die perde om en bring my uit die geveg uit. Ek is gewond.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Iemand het egter lukraak sy boog gespan en die koning van Israel getref tussen die skubbe en die pantser. Hy sê toe vir die drywer van sy strydwa: “Ruk die perde om en neem my uit die geveg, want ek is swaar gewond.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van die Arameërs het 'n pyl geskiet. Hy het sommer in die lug geskiet, hy het nie geweet waarnatoe die pyl gaan nie. Hy het die koning van Israel raakgeskiet. Die pyl het ingegaan onder die plate van sy harnas. Die koning het vir die man wat sy oorlogkar gedryf het, gesê: “Draai om en neem my uit die oorlog, want iemand het my raakgeskiet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van die gewone Aramese soldate het sy boog gespan en ’n pyl weggeskiet sonder om na enigiets spesifieks te mik. Die pyl het vir Agab getref en tussen die plate van sy pantser ingesteek. Agab het besef wat gebeur het en vir sy strydwadrywer gesê: “Swaai om, kry my uit die geveg uit, want ek is gewond.”