2 Chronicles 18:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die owerstes van die waens Josafat sien, sê hulle: Dit is die koning van Israel. Daarom het hulle hom omsingel om te veg, maar Jósafat het uitgeroep, en die HERE het hom gehelp; en God het hulle aangespoor om van Hom af weg te gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Aramese aanvoerders van die strydwaens vir Josafat in sy koninklike kleed sien, roep hulle: “Dit is die koning van Israel!” Hulle het hulle aanval op hom gerig. Maar Josafat het tot die Here geroep om hom te red, en God het hom gehelp deur die aanval van hom af weg te keer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sodra die owerstes van die waens Josafat sien, sê hulle: Dit is die koning van Israel! En hulle het hom omsingel om te veg; maar Josafat het geskreeu, en die HERE het hom gehelp, en God het hulle van hom af weggelok. |
| Afrikaans 1983 | Toe die aanvoerders van sy strydwaens vir Josafat sien, sê hulle: “Daar is die koning van Israel!” en hulle het op hom toegesak. Josafat het om hulp geroep, en die Here het hom gehelp. God het die aanval van Josafat af weggekeer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die aanvoerders van die strydwamag Josafat sien, sê hulle: “Dit is die koning van Israel!” Hulle het na hom weggedraai om te veg, maar Josafat het om hulp geroep, en die Here het hom te hulp gekom. God het hulle van hom af weggelok. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe die offisiere van die oorlogkarre vir Josafat sien, het hulle gedink dit is die koning van Israel. Hulle het van al die kante gekom om hom te skiet. Josafat het geskree en gevra dat die Here hom moet help, en God het hulle laat wegdraai van hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle vir Josafat sien, het die offisiere geskree: “Daar is die koning van Israel!” en hulle het hom aangeval. Josafat het egter geskree en die Here gevra om hom te red. God het toe ingegryp en die aanvallers van hom af laat padgee. |