2 Chronicles 18:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning van Aram het die owerstes van die strydwaens wat by hom was, bevel gegee en gesê: Moenie teen klein of groot veg nie, behalwe net teen die koning van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning van Aram het die aanvoerders van die strydwaens beveel: “Val net die koning van Israel aan, nie al die ander soldate nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning van Aram het die owerstes van sy strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen. |
| Afrikaans 1983 | Die Aramese koning het die aanvoerders van sy strydwaens opdrag gegee: “Spits die geveg toe op die koning van Israel, moenie aan die ander aandag gee nie, klein of groot.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van Aram het die •aanvoerders van sy strydwamag opdrag gegee: “Moet niemand, belangrik of onbelangrik, die stryd aansê nie, behalwe die koning van Israel alleen.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Aram het offisiere van die oorlogkarre by hom gehad. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet net die koning van Israel skiet. Julle moenie die ander manne skiet nie, dit maak nie saak of hulle belangrik of onbelangrik is nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning van Aram, teen wie hulle geveg het, het vir sy offisiere wat strydwabevelvoerders was, gesê: “Val net die koning van Israel aan, niemand anders nie!” |