2 Chronicles 18:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Agab, die koning van Israel, vir Jósafat, die koning van Juda: Sal jy saam met my na Ramot in Gílead gaan? En hy antwoord hom: Ek is soos jy en my volk soos jou volk; en ons sal saam met jou in die oorlog wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sal jy saam met my teen Ramot-Gilead optrek?” vra Agab, koning van Israel. Josafat het geantwoord: “Maar natuurlik! Ek en jy is mos broers en my soldate is onder jou bevel. Ons sal jou sekerlik bystaan in die geveg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Agab, die koning van Israel, vir Josafat, die koning van Juda: Sal u met my saam na Ramot in G¡lead trek? En hy antwoord hom: Ek is soos u, en my volk soos u volk, en ons sal saam met u in die oorlog wees. |
| Afrikaans 1983 | Koning Agab van Israel het vir koning Josafat van Juda gesê: “Sal jy met my saamgaan na Ramot in Gilead toe?” Josafat het geantwoord: “Ek en jy is een, en ons leërs is een. Ons is saam met jou in dié oorlog, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agab, die koning van Israel, vra toe vir Josafat, die koning van Juda: “Sal jy saam met my na Ramot in Gilead gaan?” Josafat het hom geantwoord: “Ek is soos jy, en my manskappe is asof dit jou manskappe is, saam met jou in die stryd.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Agab van Israel het vir koning Josafat van Juda gevra: “Sal jy saam met my gaan na die stad Ramot in Gilead?” Josafat het gesê: “Ek sal saam met jou gaan, en jy kan my manne ook gebruik.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agab vra toe vir Josafat: “Sal jy saam met my teen Ramot in Gilead gaan oorlog maak?” Josafat het gesê: “Maar natuurlik! Ons is mos familie. My soldate is tot jou beskikking.” |