2 Chronicles 18:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning van Israel vir Jósafat: Ek sal my vermom en na die geveg gaan; maar trek jou klere aan. Toe het die koning van Israel hom vermom; en hulle het na die geveg gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Agab het vir Josafat gesê: “Wanneer ons gaan veg, sal ek myself vermom sodat niemand my sal herken nie. Maar jy moet jou koninklike kleed dra.” Agab het homself vermom en hulle het begin veg.
Afrikaans 1933/1953 En die koning van Israel het aan Josafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak, en hulle het in die geveg gegaan.
Afrikaans 1983 Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ek gaan my vermom voor ek in die geveg betrokke raak. Hou jy jou koninklike gewaad aan.” Die koning van Israel het hom toe vermom en so die geveg ingegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ek gaan vermom in die geveg in, maar dra jy jou koninklike drag.” So het die koning van Israel hom vermom en in die geveg ingegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ek sal ander klere aantrek sodat die vyande nie sal weet wie ek is nie en dan sal ek saam met die manne oorlog begin maak. Jy moenie jou koningsklere uittrek nie.” Die koning van Israel het toe ander klere aangetrek en hy het saam met die manne oorlog begin maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Agab het vir Josafat gesê: “As die geveg begin, gaan ek my vermom sodat niemand my kan herken nie. Hou jy liewer jou koninklike klere aan.” Agab het hom toe vermom en toe die geveg begin, was hulle daar.