2 Chronicles 18:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sê: So sê die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en voed hom met brood van ellende en water van ellende, totdat ek in vrede terugkeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee hulle hierdie opdrag van die koning: ‘Sit hierdie man in die tronk en gee hom net brood en water totdat ek veilig terugkeer van die oorlog!”
Afrikaans 1933/1953 En julle moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom.
Afrikaans 1983 Sê vir hulle die koning sê hulle moet hierdie man in die tronk sit en hom 'n skraal rantsoen kos en water gee tot ek behoue terugkom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en sê, ‘So sê die koning: “Sit hierdie man in die gevangenis, en gee hom 'n karige rantsoen brood en water totdat ek ongedeerd terugkom. ” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en sê vir hulle die koning sê: ‘Julle moet hierdie man in die tronk sit en julle moet vir hom min kos en water gee totdat ek veilig terugkom.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê vir hulle ek sê hulle moet hom in die tronk gooi. Hy moet net brood en water kry, tot ek veilig van die geveg af terugkom.”