2 Chronicles 18:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Sedekía, die seun van Kenaäna, nader gekom en Miga op die wang geslaan en gesê: Watter pad het die Gees van die HERE van my af gegaan om met jou te spreek? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sedekia seun van Kenaäna gaan toe na Miga en slaan hom deur die gesig: “Wanneer het die Gees van die Here my verlaat om met jou te praat?” vra hy. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop kom Sedek¡a, die seun van Kenaäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Langs watter weg het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek? |
| Afrikaans 1983 | Toe kom Sedekia seun van Kenaäna nader en hy slaan vir Miga op die kakebeen en sê: “Met watter pad is die Gees van die Here van my af weg om met jou te praat?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop het Sedekia, seun van Kenaäna, na vore gekom; hy het Miga op die wang geslaan en gesê: “Op watter manier het die Gees van die Here dan van my af na jou oorgegaan om met jou te praat?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe kom Sedekia seun van Kenaäna nader en hy slaan vir Miga op sy kakebeen en hy vra: “Dink jy die gees wat van die Here gekom het, het weggegaan van my om met jóú te praat?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hy dit hoor, het Sedekia op Miga afgestorm en hom in die gesig geslaan. “Hoe is die Here se Gees nogal van my af weg om met jou te gaan praat?” wou hy weet. |