2 Chronicles 18:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou dan, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van hierdie profete van jou gegee, en die HERE het kwaad teen jou gespreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Só het die Here ’n leuengees in die monde van u profete gegee, want die Here het bepaal dat ’n ramp u sal tref.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl die HERE tog onheil oor u gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | So het die Here 'n leuengees in die mond van hierdie profete van u laat kom, maar Hy het in werklikheid vir u 'n ramp aangekondig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, kyk, die Here het 'n leuengees in die mond van hierdie profete van u geplaas. Die Here self het onheil teen u gelas.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning, daarom moet jy dit weet: Die Here het 'n leuengees laat kom in die mond van al hierdie profete van jou. Maar weet jy wat die Here regtig gesê het? Die Here het gesê dit sal sleg gaan met jou.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Verstaan nou mooi, geagte koning. Die Here het toegelaat dat die profete vir u lieg, want Hy beplan ’n groot ramp vir u.” |