2 Chronicles 18:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees wees in die mond van al sy profete. En die HERE het gesê: Jy moet hom verlei, en jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die gees antwoord: ‘Ek sal gaan en al Agab se profete oorhaal om leuens te vertel.’ “‘Jy sal suksesvol wees,’ sê die Here. ‘Gaan en doen dit!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so. |
| Afrikaans 1983 | sê die gees: ‘Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete.’ Toe sê die Here: ‘Jy sal hom so ver kry. Gaan doen dit, jy sal dit regkry.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het geantwoord, ‘Ek sal uitgaan en 'n leuengees wees in die mond van al sy profete.’ Daarop sê die Here, ‘Jy sal hom mislei en ook slaag. Gaan maak so!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy sê: ‘Ek sal gaan en ek sal 'n leuengees word. Ek sal vir al die profete sê om leuens te vertel vir koning Agab.’ Die Here het gesê: ‘Jy sal hom bedrieg, jy sal dit regkry. Gaan doen dit.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hy het geantwoord: ‘Ek sal sorg dat al sy profete vir hom lieg.’ “‘Jy kan dit maar gaan doen, want jy sal dit regkry!’ het die Here gesê. |