2 Chronicles 18:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ná 'n aantal jare het hy na Agab na Samaria gegaan. En Agab het skape en beeste vir hom in menigte geslag en vir die mense wat hy by hom gehad het, en hom oorgehaal om saam met hom op te trek na Ramot in Gílead. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Etlike jare later het hy Agab in Samaria besoek. Agab het baie skape en beeste vir Josafat en sy gevolg geslag. Hy het toe vir Josafat probeer oorhaal om saam met hom Ramot-Gilead aan te val. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nverloop van enkele jare het hy afgetrek na Agab, na Samar¡a, en Agab het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in menigte geslag en hom aangehits om teen Ramot in G¡lead op te trek. |
| Afrikaans 1983 | Na 'n paar jaar het hy vir Agab in Samaria gaan besoek. Agab het ter ere van Josafat en sy gevolg 'n groot aantal skape en beeste geslag en hom ook probeer omhaal om 'n veldtog teen Ramot in Gilead te begin. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ná 'n paar jaar het hy na Agab in Samaria afgegaan. Agab het vir hom en die manskappe by hom kleinvee en beeste in oorvloed geslag, en hom mislei om teen Ramot in Gilead op te trek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josafat het ná 'n paar jaar vir Agab in die stad Samaria gaan kuier. Agab het 'n groot klomp skape en bokke en beeste geslag vir Josafat en die mense by hom. Agab het met Josafat gepraat en hy het gevra Josafat moet saam met hom oorlog gaan maak teen die stad Ramot in Gilead. Josafat het ja gesê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Paar jaar later het hy by Agab in Samaria gaan kuier. Agab het ’n groot onthaal vir hom en sy amptenare gereël. Hulle het ’n klomp skape en beeste vir die geleentheid geslag om Josafat te probeer oorhaal om Ramot in Gilead saam met Israel aan te val. |