2 Chronicles 18:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE: Wie sal Agab, die koning van Israel, verlei, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het gespreek op hierdie manier, en 'n ander wat op die manier gesê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En die Here het gesê: ‘Wie sal koning Agab van Israel oorhaal om oorlog teen Ramot-Gilead te maak sodat hy daar kan omkom?’ Daar was baie voorstelle, |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het gesê: Wie sal Agab, die koning van Israel, oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in G¡lead? En die een het so gesê, en die ander weer so. |
| Afrikaans 1983 | En die Here het gesê: ‘Wie sal vir Agab koning van Israel so ver kry dat hy na Ramot in Gilead gaan en daar sneuwel?’ Die een het toe dit gesê en die ander dat, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die Here, ‘Wie sal Agab, die koning van Israel, mislei, sodat hy optrek en val by Ramot in Gilead?’ ” Verder sê Miga: “Die een het dit voorgestel en die ander dat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En die Here het gesê: ‘Vir wie kan Ek stuur om vir Agab te bedrieg? Daardie een moet sê Agab moet na Ramot in Gilead gaan, Ek wil hê Agab moet daar sterf.’ Almal wat in die hemel is, het daaroor met mekaar gepraat, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here sê toe: ‘Wie van julle sal Israel se koning, Agab, kan ompraat om Ramot in Gilead te gaan aanval, sodat hy daar kan doodgaan?’ |