2 Chronicles 18:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hy: Ek het die hele Israel op die berge verstrooi gesien, soos skape wat geen herder het nie; en die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle dan elkeen in vrede na sy huis teruggaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Miga sê toe vir hom: “Ek het in ’n visioen gesien dat Israel verstrooi is op die berge, soos skape sonder ’n herder. Die Here sê: ‘Hulle leier is doodgemaak. Laat elkeen in vrede na sy huis toe gaan.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Miga: “Ek het die hele Israel verstrooi op die berge gesien soos skape wat nie 'n wagter het nie. Die Here het gesê: Hulle het nie 'n koning nie, laat hulle maar in vrede teruggaan, elkeen na sy huis toe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Miga: “Ek het die hele Israel gesien, uitmekaar gedryf op die berge soos 'n kudde wat nie 'n herder het nie. Die Here het gesê, ‘Hierdie mense het geen gesagvoerder nie. Laat elkeen van hulle in vrede terugkeer na sy huis.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe sê Miga: “Ek het gesien die vyande het al die mense van Israel na al die kante toe op die berge gejaag. Hulle is soos skape wat nie 'n skaapwagter het nie. Die Here het gesê: ‘Hierdie mense het nie 'n koning nie. Hulle moet teruggaan, elkeen moet veilig na sy huis gaan.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe antwoord Miga hom: “In ’n visioen het ek Israel op die berge sien ronddwaal, net soos skape sonder ’n skaapwagter. Toe hoor ek die Here sê: ‘Hulle leier is dood, laat hulle in vrede huis toe gaan.’” |