2 Chronicles 18:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning vir hom: Hoeveel keer sal ek jou besweer dat jy niks anders as die waarheid vir my moet sê in die Naam van die HERE nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die koning het skerp gereageer: “Hoeveel keer moet ek jou beveel om onder eed niks anders as die waarheid in die Naam van die Here te sê nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie? |
| Afrikaans 1983 | Maar die koning sê vir hom: “Hoeveel keer moet ek nog by jou daarop aandring dat jy vir my niks anders as die waarheid in die Naam van die Here moet sê nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê die koning vir hom: “Hoeveel keer moet ek jou laat sweer dat jy in die Naam van die Here met my niks anders as die waarheid sal praat nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe sê die koning vir Miga: “Ek het baie maal vir jou gesê jy moet net die waarheid praat wanneer die Here jou stuur. Hoekom doen jy dit nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning het skerp reageer: “Hoeveel keer moet ek by jou aandring om niks anders vir my te sê as wat die Here vir jou sê nie?” |