2 Chronicles 18:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, moet ons na Ramot in Gílead gaan om te veg, of moet ek dit laat staan? En hy sê: Trek op en wees voorspoedig, en hulle sal in julle hand oorgegee word.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Miga voor die koning verskyn, vra Agab vir hom: “Miga, moet ons teen Ramot-Gilead optrek of nie?” Miga antwoord hom: “Gaan gerus! Die stad sal aan u oorgelewer word!”
Afrikaans 1933/1953 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in G¡lead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hy antwoord: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en hulle sal in julle hand gegee word.
Afrikaans 1983 Toe hy by die koning kom, sê dié vir hom: “Miga, moet ons teen Ramot in Gilead gaan veg? Of moet ek dit laat staan?” “Gaan gerus,” antwoord Miga, “en mag dit goed gaan, mag die stad aan u oorgegee word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hy by die koning aankom, sê die koning vir hom: “Miga, moet ons na Ramot in Gilead gaan vir die geveg of moet ek daarvan afsien?” Hy antwoord hom toe: “As julle optrek, sal julle sukses behaal. Hulle sal in julle hand gegee word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Miga by die koning kom, vra die koning vir hom: “Miga, moet ons oorlog gaan maak teen die stad Ramot in Gilead of moet ons dit nie doen nie?” Miga het geantwoord: “Koning, julle moet gaan. Julle sal wen, die Here gee die stad vir julle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hy by die koning kom, sê Agab vir hom: “Miga, kan ons na Ramot in Gilead toe gaan om te gaan veg, of moet ons dit los?” “Gaan gerus,” het Miga geantwoord, “dit sal goed gaan en julle sal wen.”