2 Chronicles 18:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, het met hom gespreek en gesê: Kyk, die woorde van die profete is goed vir die koning met een instemming; laat u woord dan tog wees soos een van hulle, en spreek goed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Intussen het die boodskapper wat gestuur is om Miga te gaan haal, vir hom gesê: “Kyk, al die profete belowe ’n oorwinning vir die koning. Maak seker dat jy met hulle saamstem en gee goeie nuus.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom d¡t: Kyk, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge. |
| Afrikaans 1983 | Die boodskapper wat vir Miga gaan roep het, het vir hom gesê: “Kyk, die uitspraak van die profete was eenstemmig gunstig vir die koning. Laat joune nou tog dieselfde wees. Sê iets goeds!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die boodskapper wat gegaan het om Miga te ontbied, het vir hom gesê: “Kyk, die woorde van die profete is, asof uit een mond, gunstig vir die koning. Laat jou woorde asseblief wees soos een van hulle se woorde. Voorspel iets goeds!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die boodskapper wat vir Miga moes gaan roep, het vir hom gesê: “Al die profete sê dit sal goed gaan met die koning. Jy moet asseblief ook soos hulle sê, jy moet sê dit sal goed gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die boodskapper wat Miga moes gaan roep, het vir hom gesê: “Luister nou ’n bietjie na my. Al die profete het vir die koning ’n oorwinning voorspel. Ek hoop net jy sal dieselfde sê en vir die koning ’n goeie boodskap gee!” |