2 Chronicles 18:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die profete het so geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en voorspoedig, want die HERE sal dit in die hand van die koning gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die ander profete het saamgestem. “Ja,” het hulle gesê. “Gaan na Ramot-Gilead. U sal wen. Die Here gee die stad oor aan die koning.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En so het al die profete geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in G¡lead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee. |
| Afrikaans 1983 | So het al die profete voorspel. Hulle uitspraak was: “Trek op teen Ramot in Gilead. U sal wen. Die Here gee die stad aan die koning oor.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die ander profete was besig om dieselfde te profeteer en het gesê: “As u optrek na Ramot in Gilead, sal u sukses behaal. Die Here sal dit in die hand van die koning gee.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die ander profete het gesê dit sal so gebeur. Hulle het gesê: “Koning, jy moet gaan na die stad Ramot in Gilead. Jy sal wen, die Here sal die stad vir jou gee.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die profete het saamgepraat en die konings aangemoedig om by Ramot in Gilead te gaan veg, “want,” het hulle gesê, “die Here sal u laat wen.” |