2 Chronicles 17:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het in Juda geleer en die wetboek van die HERE by hulle gehad en deur al die stede van Juda rondgetrek en die volk geleer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het afskrifte van die boek van die gebooie van die Here saamgeneem. Hulle het rondgegaan by al die dorpe van Juda en die volk onderrig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het in Juda onderrig gegee met die wetboek van die HERE by hulle, en in al die stede van Juda rondgegaan en onder die volk onderrig gegee. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het onderrig gegee in Juda. Hulle het die wetboek van die Here saamgeneem, die rondte gedoen in al die stede van Juda, en die volk in die wet onderrig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het in Juda onderrig gegee. By hulle was die •boekrol met die Wet van die Here. Hulle het rondgegaan in al die dorpe van Juda en die mense geleer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir die mense in Juda gaan leer. Hulle het die Wetboek van die Here by hulle gehad en hulle het deur al die stede van Juda gegaan en vir die mense geleer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het Die Wetboek van die Here saamgeneem en dwarsdeur Juda na al die stede toe gegaan en die mense van die Here se wet geleer. |