2 Chronicles 17:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy hart was verheug in die weë van die HERE, en Hy het ook die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda weggeneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy was toegewyd aan die wil van die Here. Hy het ook die heidense hoogtes afgebreek en die Asjerapale vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy hart het moedig geword in die weë van die HERE, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder. |
| Afrikaans 1983 | Hy het sy eer daarin gestel om te leef soos die Here dit wil en het die vernietiging van die hoogtes en gewyde pale in Juda voortgesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy hart was opgewonde oor die weë van die Here. Hy het toe ook die offerhoogtes en die asjeras uit Juda verwyder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy was trots dat hy kon aanhou lewe soos die Here wil hê. Hy het die offer-plekke en die gewyde pale afgebreek en weggevat uit die land Juda. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy was ywerig om die Here te dien; daarom het hy die plekke vernietig waar die afgode vereer is en die Asjerapale stukkend gekap. |