2 Chronicles 17:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het leër opgestel in al die omheinde stede van Juda en wagposte opgestel in die land van Juda en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In al die versterkte stede van Juda het hy soldate geplaas. Hy het ook wagposte beman in Juda en in die dorpe van Efraim wat sy pa, Asa, verower het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het 'n leërmag in al die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het. |
| Afrikaans 1983 | deur soldate te stasioneer in al die vestingstede van Juda en deur wagposte te plaas in Juda sowel as in die stede wat Asa, sy pa, in Efraim verower het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het 'n garnisoen in elkeen van die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land van Juda opgestel, en ook in die dorpe van Efraim wat Asa, sy vader, verower het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gesê daar moet soldate bly in elke stad in Juda wat sterk mure het, en hy het gesê daar moet oral in die land manne bly om wag te staan, ook in die stede wat sy pa Asa in die land Efraim gevat het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het soldate in die sterk stede in Juda geplaas en wagposte oral in Juda opgestel, asook in die dorpe van Israel wat sy pa gevat het. |