2 Chronicles 17:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het op die koning gewag, behalwe dié wat die koning in die omheinde stede in die hele Juda geplaas het.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was die soldate wat in Jerusalem gestasioneer was om tot diens van die koning te wees, benewens dié wat Josafat in die versterkte stede in die hele Juda geplaas het.
Afrikaans 1933/1953 Hulle was in die diens van die koning, behalwe die wat die koning in die versterkte stede deur die hele Juda geplaas het.
Afrikaans 1983 Dit is die manne wat tot die koning se beskikking was, afgesien van dié wat hy in die vestingstede oral in Juda geplaas het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie manne was in diens van die koning, naas dié wat die koning in die versterkte stede, in die hele Juda, geplaas het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle almal het vir die koning gewerk, en dan was daar ook nog die manne wat die koning oral in die stede van Juda laat bly het, in stede wat sterk mure het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié soldate was almal in Jerusalem gestasioneer. Die koning kon hulle enige tyd gebruik. Dit is behalwe die soldate wat hy in die versterkte stede van Juda ontplooi het.