2 Chronicles 17:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En naas hom was Amásia, die seun van Sigri, wat hom gewillig aan die HERE geoffer het; en saam met hom twee honderd duisend dapper helde |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan was daar Amasja seun van Sikri wat vrywillig vir die Here diens gedoen het en 200 000 man onder sy bevel gehad het. |
| Afrikaans 1933/1953 | en naas hom was Am sia, die seun van Sigri, wat hom gewillig getoon het vir die HERE, en saam met hom twee honderd duisend dapper helde; |
| Afrikaans 1983 | naas hom Amasja seun van Sikri, wat hom met 'n vrywillige eed aan die Here gewy het, met twee honderd duisend weerbare man. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | langs hom was Amasja, seun van Sigri, wat as vrywilliger vir die Here aangemeld het, en saam met hom 200 000 dapper krygers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Langs Joganan was Amasja seun van Sikri, wat graag vir die Here wou werk, en saam met hom was daar 200 000 manne wat goed kon veg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende offisier was Amasja, Sikri se seun, wat vrywillig vir die Here se diens aangemeld het. Hy het 200 000 soldate onder sy bevel gehad. |