2 Chronicles 17:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is hulle getalle volgens die huis van hulle vaders: van Juda, die owerstes oor duisend; Adna, die owerste, en saam met hom drie honderd duisend dapper helde.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy leër is volgens families saamgestel. Uit Juda was daar 300 000 manskappe, georganiseer in eenhede, en onder die bevel van Adna.
Afrikaans 1933/1953 En dit was hulle getal volgens hulle families: Van Juda was owerstes oor duisend: die owerste Adna en saam met hom drie honderd duisend dapper helde;
Afrikaans 1983 Hulle is familiegewys georganiseer. Uit Juda was daar die volgende bevelvoerders oor duisend: die bevelvoerder Adna met drie honderd duisend weerbare man by hom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En dit was hulle monstering volgens hulle families: Vir Juda was daar •aanvoerders oor duisende: die bevelvoerder Adna, en saam met hom 300 000 dapper krygers;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê hulle moet sy soldate tel en die soldate wat familie van mekaar was, moes saam veg. Die hoofde van die offisiere van Juda was: die leier Adna met 300 000 manne wat goed kon veg,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is volgens hulle families georganiseer. Uit Juda was daar 300 000 soldate. Hulle was in eenhede van 1 000 elk, almal onder bevel van Adna.