2 Chronicles 16:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die oë van die HERE loop deur die hele aarde om sterk te wees ten behoewe van die wie se hart volkome teenoor Hom is. Hierin het jy dwaas gehandel; daarom sal jy van nou af oorloë hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Wat ’n dwaas was jy nie! Daarom sal jy van nou af gedurig oorloë hê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | want die HERE -- sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Maar nou het jy dwaas opgetree en daarom sal jy van nou af oorlog hê.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die Here, sy oë deurkruis die hele aarde, om hulle wie se harte volkome by Hom is, kragtig by te staan. Hierin het jy dwaas opgetree, want van nou af sal daar oorloë teen jou wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die Here sien alles wat op die aarde gebeur en Hy maak die mense sterk wat in Hom glo. Maar jy het 'n dom ding gedoen, en van nou af sal jy altyd oorlog moet maak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onthou net, die Here soek na mense wat Hom volkome vertrou; dan help Hy hulle. Hierdie keer was u dom! Van nou af sal u die hele tyd oorlog maak.” |