2 Chronicles 16:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Was die Kusiete en die Lubiete nie 'n groot leër, met baie strydwaens en ruiters nie? maar omdat jy op die HERE gesteun het, het Hy hulle in jou hand gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Onthou jy dan nie wat gebeur het met die Kussiete en Libiërs en hulle groot leërmag met baie strydwaens en ruiters nie? Toe het jy op die Here vertrou en Hy het hulle aan jou oorgegee.
Afrikaans 1933/1953 Was die Kusiete en die Libiërs nie 'n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die HERE gesteun het;
Afrikaans 1983 Die Kussiete en die Libiërs was 'n groot leërmag met 'n magtige getal strydwaens en ruiters, maar jy het gesteun op die Here, en Hy het hulle aan jou oorgegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Was die Kussiete en die Libiërs nie 'n groot leërmag met 'n baie groot getal strydwaens en strydwabemanning nie? Maar omdat jy op die Here gesteun het, het Hy hulle in jou hand gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Kussiete en die Libiërs het 'n groot leër gehad met baie oorlogkarre en manne op perde, maar jy het vir die Here gevra om jou te help, en Hy het jou laat wen teen hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onthou u met hoe ’n groot leër die mense van Kus en Libië u aangeval het? Daar was verskriklik baie strydwaens en perderuiters. Maar toe het u op die Here vertrou om te help en Hy het u laat wen.