2 Chronicles 16:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in dié tyd het die siener Hanani by Asa, die koning van Juda gekom, en vir hom gesê: Omdat jy op die koning van Aram gesteun het en nie op die HERE jou God vertrou het nie, daarom het die leër van die koning van Aram ontvlug uit jou hand.
Afrikaans (NLV) 2011 In dié tyd het die siener Ganani na koning Asa van Juda gegaan en gesê: “Omdat jy op die koning van Aram vertrou het in plaas van op die Here jou God, het jy die kans verloor om die leër van die koning van Aram te verwoes.
Afrikaans 1933/1953 En in die tyd het die siener Han ni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die HERE u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak.
Afrikaans 1983 In dié tyd het die siener Ganani na koning Asa van Juda toe gekom en vir hom gesê: “Jy het gesteun op die koning van Aram, jy het nie op die Here jou God gesteun nie. Daarom het die leër van die koning van Aram jou ontglip.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In daardie tyd het die siener Ganani na Asa, koning van Juda, gekom en vir hom gesê: “Omdat jy op die koning van Aram en nie op die Here jou God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit jou hand vrygekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In daardie tyd het die siener Ganani na koning Asa van Juda toe gekom en vir hom gesê: “Jy het vir die koning van Aram gevra om jou te help, jy het nie vir jou God die Here gevra nie. Nou sal jy nie die leër van die koning van Aram kan oorwin nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In dié tyd het Hanani, die siener, met koning Asa gaan praat en vir hom gesê: “U het nou op die koning van Aram vertrou om u te help, in plaas daarvan om op die Here, u God, te vertrou. Daarom het u ’n kans om die leër van Aram te verslaan deur u vingers laat glip.