2 Chronicles 16:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het koning Asa die hele Juda geneem; en hulle het die klippe van Rama en sy hout waarmee Baésa gebou het, weggevoer; en hy het daarmee Geba en Mispa gebou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Asa het die hele Juda aangesê om die boustene en timmerhout wat Baesa gebruik het om Rama te versterk, weg te dra. Asa het dit gebruik om die dorpe Geba en Mispa te bou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe neem koning Asa die hele Juda, en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Ba,sa gebou het, weggedra; en hy het daarmee Geba en Mispa gebou. |
| Afrikaans 1983 | Koning Asa het die hele Juda saam gevat en hulle die klip en hout wat Baesa vir die bouwerk by Rama gebruik het, laat wegdra. Hulle het dié gebruik vir bouwerk by Geba en Mispa. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Asa, daarenteen, het die hele Juda saamgeneem, en hulle het die klippe van Rama waarmee Baesa gebou het, asook die hout, weggedra. Daarmee het Asa toe Geba en Mispa versterk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Asa het toe al die mense van Juda saamgeneem, en hulle het die klippe en die hout weggedra wat Baesa wou gebruik om te bou. Asa het die stede Geba en Mispa gebou met daardie klippe en hout. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Asa het toe vinnig ingespring. Hy het al die mense van Juda opgeroep om die bouklip en hout wat Baesa in Rama gebruik het, weg te dra. Hulle het dit toe gebruik om die dorpe Geba en Mispa op te bou. |