2 Chronicles 16:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Benhadad het na koning Asa geluister en die owerstes van sy leërs gestuur teen die stede van Israel; en hulle het Ijon en Dan en Abelmaim en al die voorraadstede van Náftali verslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ben-Hadad het ingestem tot koning Asa se versoek en Israel aangeval. Hulle het die dorpe Ijon, Dan, Abel-Majim en al die voorraadstede in Naftali verower. |
| Afrikaans 1933/1953 | En B,nhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte gestuur teen die stede van Israel, en hulle het Ijon en Dan en Abel-M im en al die voorraadstede van N ftali verwoes. |
| Afrikaans 1983 | Ben-Hadad het voldoen aan die versoek van koning Asa. Hy het sy leëraanvoerders gestuur om die stede van Israel aan te val, en hulle het Ijon, Dan, Abel-Majim en al die voorraadstede in Naftali verower. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ben-Hadad het gehoor gegee aan koning Asa en die •aanvoerders van sy krygsmag na die dorpe van Israel gestuur. Hulle het Ijon, Dan en Abel-Majim aangeval, en ook al die voorraadstede van Naftali. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ben-Hadad het gedoen wat koning Asa gevra het. Hy het die hoofde van sy leër gestuur om die stede van Israel aan te val. Hulle het die stede Ijon, Dan en Abel-Majim oorwin, en ook al die stede in die land Naftali waar daar stoorkamers was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ben-Hadad het besluit om te doen wat Asa gevra het. Hy het die bevelvoerders van sy leërs gestuur om Israel aan te val. Hulle het die stede Ijon, Dan en Abel-Maim verwoes en die voorraadstede van Naftali geplunder. |