2 Chronicles 16:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het hom begrawe in sy eie grafte wat hy vir hom gemaak het in die stad van Dawid, en hom neergelê op die bed wat gevul was met lieflike geure en allerhande soorte speserye wat deur die kuns van die aptekers voorberei is; en hulle het 'n baie groot brand vir hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is begrawe in die grafkelder wat hy in die Dawidstad laat uitkap het. Hulle het sy liggaam neergelê op die plek wat met balsem en allerlei geurige kruie bedek was. Tydens sy begrafnis het hulle tot sy eer ’n groot vuur aangesteek.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het hom begrawe in sy graf wat hy vir hom in die stad van Dawid gegrawe het, en hom op die bed neergelê wat vol speserye was, en dit van allerhande soorte, volgens die kuns van 'n salfmenger klaargemaak; en hulle het vir hom 'n buitengewoon groot wierookbrand aangesteek.
Afrikaans 1983 Hulle het hom begrawe in die graf wat hy vir hom in die Dawidstad laat uitkap het, en hulle het sy liggaam neergelê op die plek wat hy met balsem en allerlei speserymengsels laat bedek het. Hulle het ook ter ere van hom 'n groot vuur aangesteek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het hom begrawe in sy graf wat hy vir hom uitgekap het in die •Stad van Dawid. Hulle het hom neergelê op 'n baar, vol allerhande speserye, gemeng met die kundigheid van 'n salfmenger. Hulle het vir hom 'n besonder groot dodevuur laat brand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het hom begrawe in die graf wat hy vir homself laat uitkap het in die Dawidstad. Hulle het sy liggaam neergesit op die plek wat vol kruie en lekkerruik-olies was. Daarna het hulle 'n baie groot vuur aangesteek vir hom om hom te eer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy is toe in die graf begrawe wat hy vir homself in die Dawidstad laat uitkap het. Die bed waarop sy liggaam uitgelê is, was gegeur met speserye en geurige olies. By die begrafnis het hulle ’n baie groot vuur aangesteek om die laaste eer aan hom te bewys.