2 Chronicles 16:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Asa was in die nege-en-dertigste jaar van sy regering siek aan sy voete, totdat sy siekte uitermate groot was; maar in sy siekte het hy nie die HERE gesoek nie, maar die genees HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 In die 39ste jaar van sy regering het Asa ’n ernstige siekte aan sy voete opgedoen. Maar selfs in sy siekte het hy nie hulp by die Here gesoek nie, maar by sy dokters.
Afrikaans 1933/1953 En in die nege en dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy die HERE nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere.
Afrikaans 1983 In sy nege en dertigste regeringsjaar het Asa 'n uiters ernstige siekte aan sy voete opgedoen, maar selfs in dié siekte het hy nie die Here geraadpleeg nie, wel die dokters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die nege-en-dertigste jaar van sy regering het Asa 'n voetkwaal ontwikkel. Sy siekte het later ernstig geword. Selfs in sy siekte het hy nie die Here geraadpleeg nie, maar by genesers raad gesoek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die nege-en-dertigste jaar nadat hy koning geword het, het Asa baie siek geword, sy voete was baie seer. Dit het baie sleg gegaan met hom, maar hy het nie vir die Here gevra om hom te help nie, hy het vir dokters gevra om hom gesond te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In sy 39ste regeringsjaar het Asa ’n ernstige voetsiekte gekry. Selfs toe dit later sy lewe in gevaar gestel het, het hy steeds nie die Here nie, maar sy dokters vertrou om hom gesond te maak.