2 Chronicles 16:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe was Asa kwaad op die siener en het hom in 'n gevangenis gesit; want hy was woedend vir hom oor hierdie saak. En Asa het in dieselfde tyd sommige van die volk verdruk.
Afrikaans (NLV) 2011 Asa het kwaad geword vir die siener Ganani. Hy was so woedend dat hy hom in die tronk gegooi het. In hierdie tyd het Asa begin om sommige van sy onderdane te verdruk.
Afrikaans 1933/1953 Maar Asa het hom vererg vir die siener en hom in die gevangenis gesit, want hy was hieroor woedend op hom; ook het Asa in dieselfde tyd sommige uit die volk verdruk.
Afrikaans 1983 Asa was so kwaad vir die siener dat hy hom in die tronk laat sit het. Hy was woedend oor wat die siener gesê het. In dié tyd het Asa ook begin om sommige mense sleg te behandel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Asa het hom vir die siener vererg en hom in die blok gesit; want hy was onbeheersd kwaad vir hom daaroor. Asa het in dieselfde tyd sommige van die volk mishandel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Asa was kwaad vir die siener. Hy was so kwaad dat hy die siener in die tronk laat sit het. Asa het in daardie tyd ook begin om slegte dinge te doen aan party van sy mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Asa het só kwaad geword vir die siener oor wat hy gesê het dat hy hom in die tronk gegooi het. Dit was juis ook in daardie tyd dat Asa van sy mense begin onderdruk het.