2 Chronicles 16:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die ses en dertigste jaar van die regering van Asa het Baésa, die koning van Israel, teen Juda opgetrek en Rama gebou met die doel dat hy niemand by Asa, die koning van Juda, sou laat uit- of ingaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 In die 36ste jaar van Asa se bewind het koning Baesa van Israel Juda binnegeval. Hy het die stad Rama versterk om te verhoed dat enigiemand die koninkryk van Asa kon binnegaan of verlaat.
Afrikaans 1933/1953 In die ses en dertigste jaar van die regering van Asa het Ba,sa, die koning van Israel, opgetrek teen Juda en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit-- of ingaan nie.
Afrikaans 1983 In die ses en dertigste regeringsjaar van Asa het koning Baesa van Israel met 'n veldtog teen Juda begin. Hy het die stad Rama in 'n vesting omskep om te verhoed dat mense heen en weer beweeg na en van koning Asa van Juda.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die ses-en-dertigste jaar van Asa se regering het Baesa, koning van Israel, teen Juda opgetrek en Rama versterk om verkeer van en na Asa, koning van Juda, te verhinder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die ses-en-dertigste jaar nadat Asa koning geword het in Juda, het koning Baesa van Israel besluit om Juda aan te val. Baesa het die stad Rama se mure sterker gemaak, want hy wou keer sodat mense nie na koning Asa toe kan gaan en weer kan terugkom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die 36ste jaar dat Asa regeer het, het Israel se koning, Baesa, teen Juda begin oorlog maak. Baesa het Rama tot ’n baie sterk en veilige stad opgebou om te keer dat Asa se mense Juda kon verlaat of inkom.