2 Chronicles 15:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die hele Juda en Benjamin en die vreemdelinge saam met hulle uit Efraim en Manasse en uit Símeon versamel; want hulle het hom uit Israel in menigte geval toe hulle sien dat die HERE sy God met hom was.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Asa die hele Juda en Benjamin bymekaargeroep, asook die inwoners van Efraim, Manasse en Simeon wat onder hulle kom woon het. Baie van hulle het gedurende Asa se regering na Juda toe verhuis omdat hulle gesien het dat die Here sy God met hom was.
Afrikaans 1933/1953 Daarop vergader hy die hele Juda en Benjamin, ook die vreemdelinge wat uit Efraim en Manasse en uit S¡meon by hulle was; want uit Israel het hulle in menigte na hom oorgeloop toe hulle sien dat die HERE sy God met hom was.
Afrikaans 1983 Deur hierdie optrede het hy die hele Juda en Benjamin om hom saamgetrek, en ook talle immigrante uit Efraim en Manasse en uit Simeon, wat uit Israel na hom toe oorgeloop het toe hulle sien die Here sy God is by hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het hy die hele Juda en Benjamin byeengebring, asook die mense uit Efraim en Manasse en Simeon wat tydelike verblyfreg by hulle gehad het; want uit Israel het 'n groot aantal mense na hom oorgeloop toe hulle sien dat die Here sy God met hom was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het hy gesê al die mense van Juda en Benjamin moet bymekaarkom, en ook al die mense van die stamme Efraim, Manasse en Simeon wat in Juda en Benjamin kom woon het en wat daar vreemdelinge was. Baie mense van Israel het na Asa toe gekom toe hulle sien dat sy God die Here by hom is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Asa het toe al die mense van Juda en Benjamin, asook die groot groep uit Efraim en Manasse en Simeon wat tussen hulle kom bly het, bymekaargeroep. Baie mense het tydens Asa se regering na Juda toe getrek omdat hulle kon sien dat die Here, sy God, hom ondersteun het.