2 Chronicles 15:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Asa hierdie woorde hoor en die profesie van die profeet Oded, het hy moed geskep en die afskuwelike afgode uit die hele land Juda en Benjamin en uit die stede wat hy van die gebergte Efraim af ingeneem en vernuwe het, verwyder die altaar van die HERE wat voor die voorportaal van die HERE was.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Asa hierdie boodskap hoor van die profeet, die seun van Oded, het hy moed geskep en al die afgodsbeelde in die land van Juda en Benjamin en in die dorpe wat hy in die Efraimsberge verower het, verwyder. Hy het die altaar van die Here wat by die ingang tot die tempel van die Here was, herstel.
Afrikaans 1933/1953 En toe Asa hierdie woorde en die profesie hoor wat As rja, die seun van Oded, gespreek het, het hy moed geskep en die verfoeisels verwyder uit die hele land Juda en Benjamin en uit die stede wat hy op die gebergte van Efraim ingeneem het; en die altaar van die HERE wat voor die voorportaal van die HERE was, het hy herstel.
Afrikaans 1983 Toe Asa hoor wat die profeet, die seun van Oded, aankondig, het hy moed geskep en die afgodsbeelde uit die hele gebied van Juda en Benjamin laat verwyder, en ook uit die stede wat hy in die Efraimsberge verower het. Hy het ook die altaar van die Here wat voor die ingangsportaal van die tempel was, laat regmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Asa hierdie woorde en die profesie hoor wat die profeet Oded uitgespreek het, het hy moed bymekaargeskraap en die verfoeilike gode laat verwyder uit die hele gebied van Juda en Benjamin en uit die dorpe in die heuwelland van Efraim wat hy ingeneem het. Hy het die altaar van die Here wat voor die portaal van die Here se huis was, herstel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Asa die boodskap hoor wat die profeet Oded gebring het, het hy besluit wat hy wil doen. Hy het die afgodsbeelde laat wegvat uit die hele land Juda en Benjamin en uit die stede wat hy in die Efraim-berge gevat het. Hy het die altaar laat regmaak wat voor die voorportaal van die tempel was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Asa die boodskap van die profeet hoor, het hy moed geskep. Hy het die afgode uit al die dorpe van Juda en Benjamin verwyder, ook dié wat in die dorpe in die Efraimsberge was wat hy verower het. Hy het ook die altaar van die Here herstel wat by die tempel gestaan het.