2 Chronicles 15:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het uitgegaan Asa tegemoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die HERE is met julle terwyl julle by Hom is; en as julle Hom soek, sal Hy deur julle gevind word; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het koning Asa tegemoetgegaan. “Luister na my, Asa!” het hy geroep. “Luister, al die manne van Juda en Benjamin! Die Here sal by julle bly so lank as wat julle by Hom bly; wanneer julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.
Afrikaans 1933/1953 en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die HERE is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.
Afrikaans 1983 Hy het Asa tegemoet gegaan en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en alle manne van Juda en Benjamin: As julle by die Here is, sal Hy by julle wees; as julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en hy het uitgegaan na Asa toe en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die Here is met julle wanneer julle met Hom is. As julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind, maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy het na koning Asa toe gegaan en vir hom gesê: “Asa en al die mense van Juda en Benjamin, julle moet luister. Die Here sal by julle wees as julle Hom dien. As julle Hom wil dien, dan sal Hy tevrede wees, maar as julle Hom los, dan sal Hy júlle los.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het uitgegaan om vir koning Asa te ontmoet toe hulle van die geveg af terugkom. Hy het gesê: “Luister na my, Asa! Luister, julle mense van Juda en Benjamin! Die Here sal by julle wees, solank julle by Hom bly. Wanneer julle Hom soek, sal Hy toelaat dat julle Hom vind. Maar as julle van Hom af weggaan, sal Hy van julle af weggaan.