2 Chronicles 15:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die hoogtes is nie uit Israel weggeneem nie; nogtans was die hart van Asa volmaak al sy dae.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoewel die heidense hoogtes nie heeltemal uit Israel verwyder is nie, was Asa sy lewe lank getrou aan die Here.
Afrikaans 1933/1953 Die hoogtes is wel nie uit Israel verwyder nie, maar Asa se hart was volkome al sy dae.
Afrikaans 1983 Die hoogtes het wel nie heeltemal uit Israel verdwyn nie, maar Asa was sy lewe lank getrou aan die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die offerhoogtes is egter nie uit Israel verwyder nie. Tog was Asa se hart volkome by die Here solank hy geleef het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was nog altyd offer-plekke in die land Israel, maar Asa het sy hele lewe lank aangehou om die Here te dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al is die plekke waar ander gode gedien is, nie almal uit Israel verwyder nie, was Asa sy lewe lank uiters getrou aan die Here.