2 Chronicles 15:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ook aangaande Máäga, die moeder van koning Asa, het hy haar van koningin verwyder, omdat sy 'n afgodsbeeld in 'n bos gemaak het;
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Asa het selfs vir Maäka, sy ouma, as koninginmoeder onttroon omdat sy ’n walglike Asjerapaal gemaak het. Hy het die paal afgekap, dit fyngemaal en dit in die Kedronvallei verbrand.
Afrikaans 1933/1953 Ja, selfs het hy M äga, die moeder van koning Asa, afgesit as gebiedster, omdat sy 'n afgryslike voorwerp vir Asj,ra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en stukkend gestamp en in die dal Kidron verbrand.
Afrikaans 1983 Koning Asa het vir Maäka, sy ouma, as koninginmoeder afgesit omdat sy 'n Asjerabeeld, 'n walglike ding, laat maak het. Asa het die ding stukkend gekap, dit fyngemaal en in die Kedrondal in die vuur gegooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Selfs vir Maäga, grootmoeder van koning Asa, vir haar het hy as koninginmoeder verwyder omdat sy 'n gruwelike beeld vir Asjera gemaak het. Asa het dié gruwelike beeld afgekap, dit fyngestamp en in die Kidrondal verbrand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Asa het ook vir sy ouma Maäka gesê sy sal nie meer belangrik wees omdat sy 'n koning se ma is nie, want sy het 'n afgodsbeeld laat maak van die godin Asjera. Asa het die beeld omgegooi en stukkend geslaan. Hy het dit laat verbrand in die Kedron-vallei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Asa het selfs sy ouma Maäka as koningin-moeder afgesit omdat sy ’n vieslike pilaar ter ere van Asjera gemaak het. Asa het die ding afgekap, in stukke gebreek en toe in die Kidronvallei gaan verbrand.