2 Chronicles 15:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) dat elkeen wat die HERE, die God van Israel, nie soek nie, gedood moet word, klein of groot, of man of vrou.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het besluit dat enigiemand wat weier om die Here die God van Israel te dien, doodgemaak moet word, sou dit jonk of oud, man of vrou wees.
Afrikaans 1933/1953 En elkeen wat die HERE, die God van Israel, nie soek nie, sou gedood word, klein en groot, manne sowel as vroue.
Afrikaans 1983 Elkeen wat ongehoorsaam was aan die Here die God van Israel, moes doodgemaak word, klein en groot, man en vrou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elkeen wat nie die Here, die God van Israel, soek nie, sou doodgemaak word, klein en groot, man en vrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het besluit dat almal moet sterf wat nie die Here wil dien nie. Dit maak nie saak of hulle jonk of oud, man of vrou is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het besluit om enigiemand, oud of jonk, man of vrou, wat dit nie wou doen nie, dood te maak.