2 Chronicles 15:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het 'n verbond gesluit om die HERE, die God van hulle vaders, te soek met hulle hele hart en met hulle hele siel;
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het hulle met hart en siel ’n verbond met die Here die God van hulle voorouers gesluit.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het die verbond aangegaan om die HERE, die God van hulle vaders, met hul hele hart en met hul hele siel te soek.
Afrikaans 1983 Hulle het ook 'n verbond gesluit om aan die Here die God van hulle voorvaders gehoorsaam te wees met hulle hele hart en siel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het tot die verbond toegetree om die Here, die God van hulle voorouers, met hulle hele hart en siel te soek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het 'n ooreenkoms gemaak met mekaar. Hulle het belowe om die Here, die God van hulle voorvaders, te dien met hulle hele hart en siel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het hulle ’n ooreenkoms met mekaar gesluit dat hulle die Here, die God van hulle voorouers, met alles in hulle vermoë sou dien.