2 Chronicles 15:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het in dieselfde tyd aan die HERE van die buit wat hulle gebring het, sewe honderd beeste en sewe duisend stuks kleinvee geoffer.
Afrikaans (NLV) 2011 Op daardie dag het hulle sommige van die diere wat in die oorlog gebuit was aan die Here geoffer. Dit was 700 beeste en 7 000 kleinvee.
Afrikaans 1933/1953 en dieselfde dag aan die HERE geoffer van die buit wat hulle ingebring het, sewe honderd beeste en sewe duisend stuks kleinvee.
Afrikaans 1983 en op dié bepaalde dag vir die Here offerandes gebring uit die buit wat hulle saamgebring het: sewe honderd beeste en sewe duisend stuks kleinvee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het daardie dag vir die Here offers geslag uit die buit wat hulle saamgebring het: sewehonderd beeste en seweduisend stuks kleinvee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het daardie dag vir die Here offers gebring. Hulle het diere van die Kussiete gevat, en hulle het van daardie diere gegee om te offer. Dit was 700 beeste en 7 000 skape en bokke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié dag het hulle baie van die diere wat hulle in die oorlog afgevat het, vir die Here geslag. Hulle het 700 beeste en 7 000 skape en bokke geoffer.