2 Chronicles 14:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Asa het 'n leër van manne gehad wat teikens en spiese gedra het, uit Juda drie honderd duisend; en uit Benjamin wat skilde gedra en boog getrek het, twee honderd en tagtig duisend; dit almal was dapper helde.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Asa het uit die stam Juda ’n leër van 300 000 soldate gewapen met groot skilde en spiese gehad. Uit die stam van Benjamin het hy ’n leër gehad van 280 000 soldate gewapen met klein skilde en pyl en boog. Albei leërs is saamgestel uit dapper vegters.
Afrikaans 1933/1953 En Asa het 'n leër gehad wat skild en spies dra: uit Juda drie honderd duisend man, en uit Benjamin, wat die skild dra en die boog span, twee honderd en tagtig duisend; hulle was almal dapper helde.
Afrikaans 1983 Asa se leër het bestaan uit drie honderd duisend weerbare man uit Juda wat met skild en spies bewapen was, en twee honderd en tagtig duisend uit Benjamin, gewapen met skild en pyl en boog, almal dapper manne.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Asa het 'n leër gehad wat grootskilde en steekspiese dra, driehonderdduisend uit Juda, en uit Benjamin tweehonderd-en-tagtigduisend wat die kleinskild dra en die boog span. Hulle almal was dapper krygers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Asa het 'n leër gehad. Daar was 300 000 manne van Juda in Asa se leër, hulle het groot skilde en spiese gehad, en daar was 280 000 manne van Benjamin, hulle het klein skilde en pyl en boë gehad. Almal was manne wat goed oorlog kon maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Asa se leër het uit twee groepe bestaan. Daar was 300 000 man uit Juda, wat elkeen toegerus was met ’n skild en ’n spies. Dan was daar ’n verdere 280 000 man uit Benjamin, elkeen toegerus met ’n skild en pyl en boog. Hulle was uitgesoekte soldate.