2 Chronicles 14:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het hy vir Juda gesê: Laat ons hierdie stede bou en mure rondom hulle maak en torings, poorte en grendels, terwyl die land nog voor ons is; omdat ons die HERE onse God gesoek het, ons het Hom gesoek, en Hy het ons rus van alle kante gegee. So het hulle gebou en voorspoedig geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Asa het vir Juda gesê: “Laat ons dorpe bou en hulle versterk met mure, torings, hekke en sluitbalke. Die land is ons s’n, want ons het die Here ons God gedien en Hy het ons rus van ons vyande gegee.” Hulle het toe voortgegaan met hierdie bouwerk en dit voltooi.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het hy aan Juda gesê: Laat ons hierdie stede opbou en met 'n muur omring en met torings, poorte en grendels, terwyl die land nog vry voor ons lê; want ons het die HERE onse God gesoek -- ons het gesoek, en Hy het ons rus verskaf rondom. Hulle het toe gebou en was voorspoedig.
Afrikaans 1983 en daarom het hy vir Juda gesê: “Laat ons dié stede versterk met mure en torings, poorte en sluitbalke. Die land is nog ons s'n, want ons is gehoorsaam aan die Here ons God, en Hy het ons na alle kante toe rus gegee.” Hulle was dan ook voorspoedig met die bouwerk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Asa het vir Juda gesê: “Laat ons hierdie dorpe opbou, en rondom mure met wagtorings, poortdeure en sluitbalke oprig, terwyl die land nog tot ons beskikking is, omdat ons die Here ons God gesoek het. Ons het Hom gesoek, en Hy het vir ons aan alle kante rus gegee.” Hulle het toe gebou, en hulle was suksesvol.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir die mense van Juda gesê: “Kom ons bou hierdie stede en ons bou mure om die stede en ook torings en poorte met sluitbalke. Die land behoort aan ons, want ons het ons God die Here gedien. Ons het Hom gedien, en Hy het vir ons vrede gegee, daar is nie vyande rondom ons nie.” Hulle het toe die stede gebou en hulle het alles goed gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Asa het sy mense opgeroep en gesê: “Laat ons die stede nou herbou terwyl dit rustig is. Ons moet mure met verdedigingstorings om die stede bou en hekke insit wat kan toegrendel. Dis nou die tyd om te bou, want ons het gedoen wat die Here wou hê; daarom het Hy vir ons vrede met al ons bure gegee.” Hulle het die bouwerk toe voorspoedig afgehandel.