2 Chronicles 14:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het omheinde stede in Juda gebou, want die land het rus gehad, en hy het in daardie jare geen oorlog gehad nie; want die HERE het hom rus gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Gedurende daardie vredevolle jare was hy in staat om versterkte stede oral in Juda te bou. In hierdie tyd het niemand probeer om teen hom oorlog te maak nie, want die Here het hom rus gegee van al sy vyande.
Afrikaans 1933/1953 Verder het hy versterkte stede gebou in Juda, want die land was rustig; en daar was geen oorlog teen hom in daardie jare nie, omdat die HERE hom rus verskaf het.
Afrikaans 1983 Omdat die land vrede gehad het, en Asa nie oorlog moes voer nie, het hy in dié jare vestingstede in Juda gebou. Die Here het hom rus gegee,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het stede wat versterk is in Juda gebou, omdat die land rustig was. Daar was geen oorlog teen hom in daardie jare nie, want die Here het vir hom rus gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het in Juda stede gebou wat sterk mure het. Daar was vrede in die land, hy het nie oorlog gemaak nie, want die Here het vir hom vrede gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook die versterkte stede van Juda herbou terwyl die vrede wat van die Here af kom, daar geheers het.