2 Chronicles 14:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het ook uit al die stede van Juda die hoogtes en die beelde weggeneem, en die koninkryk was stil voor hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Asa het ook die heidense hoogtes en wierookaltare uit elke dorp in Juda verwyder. Asa se koninkryk het ’n tyd van vrede beleef.
Afrikaans 1933/1953 Ook het hy uit al die stede van Juda die hoogtes en die sonpilare verwyder, en die koninkryk het gerus onder hom.
Afrikaans 1983 Hy het die hoogtes en die wierookaltare in al die stede van Juda laat verwoes. Onder hom het die land vrede gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Uit al die dorpe van Juda het hy die offerhoogtes en wierookaltare verwyder. Die koninkryk het rus gehad onder hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Asa het die offer-plekke en wierook-altare weggevat uit al die stede van Juda. Daar was vrede in die land in die tyd toe hy koning was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Asa het die heilige plekke en altare waarop hulle wierook vir vreemde gode gebrand het, in elke dorp van Juda vernietig. Daarom het daar vir ’n hele ruk vrede in Juda geheers.