2 Chronicles 14:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hy het die altare van die vreemde gode en die hoogtes weggeneem en die beelde afgebreek en die bosse afgekap. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die heidense altare en hoogtes verwyder. Hy het ook die klippilare en Asjerapale stukkend gebreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | hy het die vreemde altare en die hoogtes verwyder en die klippilare stukkend gebreek en die heilige boomstamme omgekap |
| Afrikaans 1983 | Hy het die altare van vreemde gode en die hoogtes laat verwoes, die klippilare laat stukkend slaan en die gewyde pale laat afkap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die vreemde altare en die offerhoogtes verwyder. Hy het die gedenkstene vernietig en die asjeras afgekap, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die altare van ander gode en die offer-plekke weggevat. Hy het die klip-pale afgebreek en hy het die gewyde pale stukkend gekap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het die vreemde altare en heilige plekke vir ander gode tot niet gemaak, die heilige pilare omgegooi en die stompe ter ere van die godin Asjera afgekap. |