2 Chronicles 14:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het ook die tente van beeste verslaan en skape en kamele in menigte weggevoer en na Jerusalem teruggekeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het ook die tente van die veewagters aangeval en baie skape en kamele geroof en daarmee teruggekeer na Jerusalem toe.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het ook die tente met die vee oorweldig en kleinvee in menigte en kamele weggevoer. Daarna het hulle na Jerusalem teruggekeer.
Afrikaans 1983 Daarna het hulle die kampe van die veewagters aangeval en baie kleinvee en kamele gebuit en na Jerusalem toe saamgevat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook die veekrale het hulle aangeval en groot hoeveelhede kleinvee en kamele weggevoer. Daarna het hulle na Jerusalem teruggekeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Judeërs het ook die kampe aangeval van die mense wat met skape en bokke geboer het. Hulle het baie skape en bokke en kamele gevat en teruggegaan na Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Judeërs het ook die veewagters in hulle tente aangeval en baie skape en kamele gebuit. Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggegaan.